Die ADK se drama-opleiding strek vanaf Februarie tot November, wanneer eksamens afgelê word. - Die kursus strek oor 3 jaar. Aan die einde van die 3 jaar word ‘n Professionele Lisensiaat Sertifikaat toegeken. : Die klasse bestaan uuit een uur groeps- en een uur individueleklas per week. 'n Klaspunt wat bestaan uit klasbywoning, werksvermoë, dissipline en samewerking word jaarliks bereken. Eksterne eksaminators word gebruik.
Die spraak- en vertolkingprogram word elke jaar herhaal, maar die materiaal word jaarliks moeiliker en meer uitdagend.
Registreer hier of kontak ons