Welkom by die ADK

Die ADK Bied ‘n 3-jaar professionele lisensiaat sertifikaat aan vir volwassenes; drama klasse vir tieners en kinders; en verskeie ander dienste.

Vir wie is die kursus?

-Ons senior kursus is vir enige persoon 18 jaar en ouer, wat 'n passie het vir drama en toneelspel, en 'n kwalifikasie wil ontvang, hulle toneel loopbaan begin, of selfs net hulle selfvertroue wil verbeter
- Ons bied ook hoërskool en laerskool klasse vir leerders wat selfvertroue wil ontwikkel, of belangstel in drama klasse en die industrie

Leer van die beste

Ons werk saam met industrie- leiers,  en is geakkrediteer deur Cathsseta.

Sluit vandag by ons aan, en begin  jou toneel-loopbaan!

Ontmoet ons span

Franciska

ADK Direkteur












Direketeur van ADK

Drama klasse in Vanderbijlpark en Potchefstroom

Corrine

ADK Fourways












Drama klasse in Fourways

Corli & Michelle

ADK Pta Sentraal












Drama klasse in Pretoria Sentraal

Sarien

ADK potchefstroom












Drama klasse in Potchefstroom

Anchenique

ADK rustenburg












Drama klasse in Rustenburg

Claudette

ADK Vereeniging












drama klasse in Meyerton en Vereeniging

Mimie

ADK Centurion












Drama klasse in Centurion

Hettie

ADK Kempton park












Drama klasse Kempton park

Thomas

ADK WEs-kaap












Drama klasse Wes-Kaap

Die ADK bied beordeelaars vir kunsfeeste, eksamens, en enige ander drama kompetisies of geleenthede

Die ADK spog met ‘n lang lys van bekende alumni. Rolspelers in die bedryf wat deur die ADK studeer het, woon gereeld funksies by, en ondersteun steeds die ADK. 

Groot geskiedenismakers in die teater, film, en TV-bedryf soos Marius Weyers, Wilna Snyman, en Henry Milne onder andere is almal duer dei ADK opgelei.

 

Wat ons Kliënte sê

" My kinders, n tweeling van 15 jaar oud, het eers in April 2018 aangesluit by die Akademie vir Dramakuns. Dit was hulle heel eerste kennismaking met drama, aangesien hulle Tuisonderrig kry. Michelle het in hierdie kort tydjie vir hulle so baie geleer. Hulle is albei baie skaam, teruggetrokke kinders. Michelle het hulle vinnig uit hulle dop laat klim en verseker dat hulle niks het om voor bang te wees nie. Met hulle eerste drama eksamen het ek skoon geskrik toe ek hulle tot buite die saal se toe deur kon hoor! Ek kon nie glo dis my kinders wat so hard en vreesloos op die verhoog was nie. Wat ek dink die lekker ding is van die ADK, is dat hulle jou in klein groepies neem. Sal Michelle en ADK hoog aanbeveel! Kinders kan nie wag vir die jaar se klasse om te begin nie! "
Ronel
Matthew en Daniel se ma
Die ADK is meer as net die Akademie van Drama Kuns, dis 'n familie, 'n familie waarvan enige iemand kan deel wees. Kort, lank, oud of jonk is welkom en word in die volheid van wie hulle is aanvaar. Ek is bevoorreg genoeg om al vier jaar lank deel te wees van die familie. Die ADK het my help selfvertroue opbou en gemaklik voel in my eie vel. Dit is iets waarna ek elke week uit sien, 'n kansie om uit die regte wêreld te klim, in 'n nuwe denkbeeldige een. Klasse is vol pret, lag, gesels en baie dramaties wees. Ek is so dankbaar vir die ADK en my drama onderwyseres. Ek beveel dit aan. As mens voel jy is vreemd en anders, is die ADK die plek om te wees.
Chloë van Heynigen
Huidige student
Ivan het in Januarie 2019 ingeskryf om drama-klas te neem by die Akademie vir Dramakuns. Hy kan letterlik nie wag vir sy weeklikse uur-lange “les” nie! Die omgewing wat Franciska en haar mede-afrigters skep is een wat gekenmerk word deur ruimte vir vrye spel, kreatiewe storie uitdink-envertelling en verbeeldingryke improvisasie - beide in individuele sowel as in groepsverband. Die afrigters se fasilitering van aktiewe “doen” met die drama-kinders verpersoonlik dus ‘n klassieke teorie van leer wat voorstaan dat ervaringsleer ’n vorm van leer is wat genotvol, moeiteloos, grensloos, sosiaal en permanent is. En watter kind sal nou nie só wil leer nie? :-
Liezl
Ivan se ma