Welkom by die ADK

Film & Drama klasse

Die ADK bied ‘n 3-jaar professionele lisensiaat sertifikaat aan vir volwassenes; film en drama klasse vir tieners en kinders; en verskeie ander dienste. 

2021 inskrywings nou oop!

VIRTUELE DRAMA KLASSE

The show must go on…

In hierdie moelike tyd doen ons as die ADK alles in ons vermoë om die kunste lewendig te hou. Een van daai dinge is weeklikse virtuele drama klasse.

Kontak u naaste tak vir meer inligting. 

Vir wie is die kursus?

-Ons senior kursus is vir enige persoon 18 jaar en ouer, wat 'n passie het vir drama en toneelspel, en 'n kwalifikasie wil ontvang, hulle toneelloopbaan begin, of selfs net hulle selfvertroue wil verbeter
- Ons bied ook hoërskool en laerskool klasse vir leerders wat selfvertroue wil ontwikkel, of belangstel in dramaklasse en die industrie

Home Team drama classes drama klasse

Leer van die beste

Ons werk saam met industrie-leiers, en is geakkrediteer deur Cathsseta.

Sluit vandag by ons aan en begin  jou toneelloopbaan!

Ontmoet ons span

Franciska drama classes drama klasse

Franciska

Direkteur












Direketeur van ADK

Dramaklasse in Vanderbijlpark en Potchefstroom

Corrine Team drama classes drama klasse

Corrine

Fourways












Dramaklasse in Fourways

Lara Team drama classes drama klasse

Lara

Oos-vrystaat












Dramaklasse in Marquard en omliggende areas.

Sarien Team drama classes drama klasse

Sarien

potchefstroom












Dramaklasse in Potchefstroom

Karlein Team drama classes drama klasse

Karleine

George












Dramaklasse in George

Claudette Team drama classes drama klasse

Claudette

Vereeniging












Dramaklasse in Meyerton en Vereeniging

Hettie Team drama classes drama klasse

Hettie

Kempton Park













Dramaklasse Kempton park

Thomas Team drama classes drama klasse

Thomas

WES-KAAP












Dramaklasse Wes-Kaap

Mimie Team drama classes drama klasse

Mimie

CENTURION










Dramaklasse in Centurion

Die ADK bied beoordelaars vir kunstefeeste, eksamens en enige ander drama kompetisies of geleenthede

Die ADK spog met ‘n lang lys van bekende alumni. Rolspelers in die bedryf wat deur die ADK studeer het, woon gereeld funksies by, en ondersteun steeds die ADK. 

Groot geskiedenismakers in die teater, film, en TV-bedryf soos Marius Weyers, Wilna Snyman, en Henry Milne onder andere is almal deur die ADK opgelei.

 

Wat ons Kliënte sê

" My kinders, 'n tweeling van 15 jaar oud, het eers in April 2018 aangesluit by die Akademie vir Dramakuns. Dit was hulle heel eerste kennismaking met drama, aangesien hulle Tuisonderrig kry. Michelle het in hierdie kort tydjie vir hulle so baie geleer. Hulle is albei baie skaam, teruggetrokke kinders. Michelle het hulle vinnig uit hulle dop laat klim en verseker dat hulle niks het om voor bang te wees nie. Met hulle eerste drama eksamen het ek skoon geskrik toe ek hulle tot buite die saal se toe deur kon hoor! Ek kon nie glo dis my kinders wat so hard en vreesloos op die verhoog was nie. Wat ek dink die lekker ding is van die ADK, is dat hulle jou in klein groepies neem. Sal Michelle en ADK hoog aanbeveel! Kinders kan nie wag vir die jaar se klasse om te begin nie! "
ADK Logo acting and drama classes
Ronel
Matthew en Daniel se ma
Die ADK is meer as net die Akademie van Drama Kuns, dis 'n familie, 'n familie waarvan enige iemand kan deel wees. Kort, lank, oud of jonk is welkom en word in die volheid van wie hulle is aanvaar. Ek is bevoorreg genoeg om al vier jaar lank deel te wees van die familie. Die ADK het my help selfvertroue opbou en gemaklik voel in my eie vel. Dit is iets waarna ek elke week uit sien, 'n kansie om uit die regte wêreld te klim, in 'n nuwe denkbeeldige een. Klasse is vol pret, lag, gesels en baie dramaties wees. Ek is so dankbaar vir die ADK en my drama onderwyseres. Ek beveel dit aan. As mens voel jy is vreemd en anders, is die ADK die plek om te wees.
ADK Logo acting and drama classes
Chloë van Heynigen
Huidige student
Ivan het in Januarie 2019 ingeskryf om drama-klas te neem by die Akademie vir Dramakuns. Hy kan letterlik nie wag vir sy weeklikse uur-lange “les” nie! Die omgewing wat Franciska en haar mede-afrigters skep is een wat gekenmerk word deur ruimte vir vrye spel, kreatiewe storie uitdink-envertelling en verbeeldingryke improvisasie - beide in individuele sowel as in groepsverband. Die afrigters se fasilitering van aktiewe “doen” met die drama-kinders verpersoonlik dus ‘n klassieke teorie van leer wat voorstaan dat ervaringsleer ’n vorm van leer is wat genotvol, moeiteloos, grensloos, sosiaal en permanent is. En watter kind sal nou nie só wil leer nie? :-
ADK Logo acting and drama classes
Liezl
Ivan se ma