Log In
English
Koop Kaartjies
Log In
English
Koop Kaartjies
Koop Kaartjies
Log In
English

Kursus Inligting

Kursus Inligting

ADK Kursusse

Die kursusse wat gebied word is prakties en daarop gemik om basiese vaardigheid te ontwikkel wat die grondslag vorm van verhoog-, radio-, film-, televisie-, en alle vorms van openbare optrede.

By die Akademie van Dramakuns word van ‘n student verwag om gereeld klasse by te woon en soos in die geval van enige deeltydse kursus is dit noodsaaklik dat voorbereiding gereeld tuis gedoen moet word, soos deurgegee deur die ADK dosente.

Aan die einde van die kursus word ‘n Professionele Lisensiaat Sertifikaat in Drama aan die volwasse studente wat slaag uitgereik, ‘n NQF Vlak 4 Sertifikaat in Drama aan hoërskool studente, en ‘n Drama Sertifikaat aan laerskool studente.

Die dosente behou die reg voor om enige student wat sonder ‘n grondige rede meer as twee keer per kwartaal van ‘n individuele- of groepsklas afwesig is eksamentoelating te weier.

‘n Skriftelike kontrak word tussen die ADK en die student aan die begin van die jaar gesluit.

Individuele Onderrig

Onder “individuele” word bedoel individuele aandag, maar saam met ander studente in die klas. Die onderrig word aangepas by, en bepaal deur, die behoeftes van die student. Daar word gekonsentreer op die vertolking van poësie, prosa, gedramatiseerde werke, en die ontwikkeling van stemgebruik, waarnemings-vermoë, asook liggaamshouding en beweging.

Vir wie is die klasse?

Die Akademie vir Dramakuns bied drama opleiding vir alle ouderdomme.

Vir volwasse studente:

Die ADK se drama-opleiding vir volwasse studente behels ‘n driejaar kursus wat strek vanaf Februarie tot November, wanneer eksamens afgelê word. Aan die einde van die 3 jaar word ‘n Professionele Lisensiaat Sertifikaat toegeken.

Onderrig vind plaas gedurende die skool- en universiteitskwartale van die Gautengse Onderwysdepartement en behels:

• individuele klasse (maksimum van drie studente per klas) een uur per week

• groepsklasse (repetisies van toneelstukke) een uur per week of ‘n eenmalige maandklas van vier ure (slegs vir Senior ADK studente)

Vir hoërskool studente:

Die ADK se drama-opleiding vir hoërskool studente strek vanaf Februarie tot November, wanneer eksamens afgelê word. Aan die einde van hulle opleiding verkry die studente ‘n NQF Vlak 4 Sertifikaat in Drama.

Onderrig vind plaas gedurende die skool- en universiteitskwartale van die Gautengse Onderwysdepartement en behels:

• groepsklasse wat individueel aan almal aandag verleen, een uur per week

Vir laerskool studente:

Die ADK se drama-opleiding vir laerskool studente strek vanaf Februarie tot November, wanneer eksamens afgelê word. Aan die einde van hulle opleiding verkry die studente ‘n Drama Sertifikaat.

Onderrig vind plaas gedurende die skool- en universiteitskwartale van die Gautengse Onderwysdepartement en behels:

• groepsklasse wat individueel aan almal aandag verleen, een uur per week

Algemeen:

'n Klaspunt wat bestaan uit klasbywoning, werksvermoë, dissipline, en samewerking word jaarliks bereken. Eksterne eksaminators word gebruik.

Die spraak- en vertolkingsprogram word elke jaar herhaal, maar die materiaal word jaarliks moeiliker en meer uitdagend.

Die kursusinhoud is as volg:

Prakties:

Die kursusinhoud is as volg:

Prakties:

Stemonderrig vir verhoog en radio

Poësie en Prosa

Toneelonderrig

Kamera-onderrig

Stemonderrig vir verhoog en radio

Poësie en Prosa

Toneelonderrig

Kamera-onderrig

Aan die einde van elke jaar word ‘n praktiese eksamen afgelê waarin die student se vordering t.o.v. aspekte behandel in die kursus getoets word.

Teorie:

Elke jaar word die vlak van teorie meer ingewikkeld. Nuwe konsepte word elke jaar gedek.

Teorie sluit die volgende in:

‘n Navorsingstaak vir elke jaar van studie

Behandeling van teatergeskiedenis

Behandeling van verskillende tipe stukke (bv. monoloog, samespraak, ens.)

Behandeling van verskillende dramagenres

‘n Teoretiese uiteensetting van wat ‘n produksie is, en al die aspekte daarvan

Die inhoud soos hierbo uiteengesit word versprei oor die tydsduur van die kursus en word elke jaar meer intensief.

Die junior kursusse se sillabus is dieselfde as die senior kursus maar op ‘n minder gevorderde vlak. Daar is geen groepsklasse nie.

Dokumente

Dokumente 

Ons Sosiale Media Bladsye

Volg ons en bly op datum met die nuutste gebeure.

Ons sien uit om van jou te hoor!

Vir enige navrae in verband met ons drama- en filmklasse, beoordelaars, of kursusse, vul asseblief hierdie vorm in om ons te kontak.

Tel: 082 781 8032

info@adk-drama.co.za

Required field!
Required field!
Required field!
Required field!

Jou inligting is privaat en word m.b.t. POPIA beskerm.

Ons sien uit om van u te hoor!

Indien U Enige vrae het oor ons drama- klasse, beoordelaars, of kursusse, vul asseblief hierdie vorm in om in kontak te kom met ons.

Tel: 082 781 8032

info@adk-drama.co.za

Required field!
Required field!
Required field!
Required field!

Jou info is privaat en word m.b.t. POPIA beskerm.

Ons Sosiale Media Bladsye

Volg ons en bly op datum met die nuutste gebeure.
Your cart is empty Continue
Shopping Cart
Subtotal:
Discount 
Discount 
View Details
- +
Sold Out